
Foto: Canva
Tot hier
Veertig jaar gelede
het ek tot by Jimmy
se huis gegaan.
Hy het gehuil.
Nie oor sy siekte nie.
Oor my koms.
Nog nooit, het hy gesê,
het ’n baas
tot hier gekom nie.
Ek het gedink
aan die masjien.
Hy het gedink
aan my.
Vandag
is ek Jimmy.

