Dooie dinge

  • 0

Foto: Canva

Dooie dinge
(dankie vir Koos Doep se onthou)

Ons hou soms vas
aan dooie dinge
om dit te laat herlewe
soos ons onthou
hoe dit was
omdat dit ons eens op ’n tyd
lewe gegee het

sonder gisters
is ons lewend-dood
ons asems loop daardeur
om vandag
vroegoggend
hallo te sê
aan wat ons aan swaar dra
van jare gelede.

om nou met ’n ver kyk
te onthou,
soos Koos Doep,
“daar was ’n huis,
met ’n kombuis
en greinhouttafel”

so het ons almal dit
lief en leed
wat ons liefs vergeet
tog is dit die lief
wat ons vandag
vroegmôre laat omkyk

as ons skrik om te sien
tyd is besig
om dit toe te groei
ons is besig
om te vergeet

of al die onthou’e
word te veel
oor al die dooie dinge.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top