
Foto: Canva
Die pepermaler
Ek is afgesny, gebreek
vir die vuur bestem
asof my lewenslange prag
moet uitloop op hitte
vir die mens.
’n Skrynwerker het my opgetel
in sy hande rondgedraai
in my die meer gesien
wat ek kon bied
my uit die vuur gered
liefderyk my gedraai, gevorm
om op die deftigste tafels
te mag pryk.

