Hadida

  • 0

Foto: Canva

Hadida

Daar waar die skril
hadida die lug beset,
het ek vergifnis 
gaan soek;

'n verontskuldiging 
vir die lieg 
waarmee ek jou laat glo het
dat ons somer saam 
nie saak gemaak het nie.

Maar die skreeuende
grootbekvoël 
het vir my gelag; 
van my soektog 
'n bespotting gemaak.

Wat oorbly, is net grys –
die verwronge onthou
en die wete
dat die bekkige kreatuur 
ook in 'n saamgeflanste 
winter heers.

Hy verkondig luidkeels:
Somer is verby.
En jy daarmee saam.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top