tjie tjie tjie (Pampoendag 2026)

  • 1

Foto deur Stefan Schweihofer van Pixabay

 

tjie tjie tjie

my gedig is ’n klein klein voël.
mooi soos ’n pou
’n woordpou, 
wat ek sien deur die skrefies 
van my rasige gedagtes.

ek weet,
as ek jou sou laat loer
sien jy ’n hongerblou hoender
kaalgat en verbouereerd
met puisies waar die vere moet wees.

kom sit
laat ek aan tafel goël
met pampoenkoekies en verjaarsdagkersies,

my gedig is ’n klein, klein voël
wat eerder vlieg,
ontsnap
as om op ’n bord
gekrummel of geairfry
kitskos te word.

16 September 2026

Lees ook:

Breyten schrijven #50: Conversation with Denis Hirson

Breyten schrijven #51: In gesprek met Robert Dorsman

  • 1

Kommentaar

  • Kruitjie roer my nie
    Oor die kuiltjie op jou wang
    Tjie tjie
    Kroontjie oor my hart
    Toontjie van smart
    Tjie tjie
    Oor die leemte wat
    Jy leeg agterlaat
    Tjie tjie
    Maar jou woorde sal ons hou
    En veraltyd herkou
    Tjie tjie
    En soos 'n pou se veer
    In my woordhoed stoffeer

    Ilanadevlakte
    16 September 2026

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top