Skuil in stilte

  • 0

Foto: Canva

Skuil in stilbly

Soms skuil ons
in stilbly
omdat stilte heilig is
waar geen ego kan instap

om vrede te steel nie

waar jy en God alleen is
saam is
om in stille gesprekke
jou siel te genees
van die stemme

wat oordeel
van onvergifnis
want dit is dinge
wat verbygaan
op winde wat heers
om hulle weg te waai
as dankbaarheid lig strooi

oor jou gedagtes
wat maklik struikel
oor hulle
die klipgooiers

die kwaadstokers
enige mens
wat nie stilte verstaan nie
wat nie daar kan gaan nie

want hulle trots heers
in wat lag
as ons sag omdraai
om in stilte in te loop

want slegs die dwaas
in sy eie geraas
dink hy weet
terwyl hy niks weet nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top