Enkeling

  • 5

Foto: Canva

Enkeling
geïnspireer deur Lina Spies

deur onsigbare treë in jou eie oog
en banneling wat swygend treur
waar jou gedagtes die strate
van Amsterdam se glorie herleef
dáárom het jy jou menswees
(jou liefde en selfs jou siel ook)
in katteliefde gedoop
om jou vreugde en sin
in ’n klokkespel van die lewe te vind
tog bly jy steeds die enkeling
wat oor die onbekende treur

  • 5

Kommentaar

  • Pierce van Tonder

    Welgedaan met hierdie uitsonderlike eenvoudige gedig. Jy vang Lina se wese so mooi vas in die uitbeelding as 'Enkeling'.

  • Anzé Bezuidenhout

    Baie dankie Amanda, Pierce en Rachel vir julle mooi kommentaar, ek waardeer uit my hart uit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top