Epitaaf van my hart
2024-08-15"my woorde word nou die epitaaf
versteek tussen distels en kaf
tot verdigsels weggeskaaf"
My skemertyd
2024-03-27"want my skemertyd het nou ru aangebreek
en ek – ék spartel
tussen die doodstyding en die nistuine
van my ámper vergete lewenspad"
Verpulpte trane
2023-04-06"verby die rooiligarea
waar toeters hiet en gebied
tot diep in die ghetto’s
waar hulle getrou
nog die barmitswa vier"
Bitterwyn
2023-03-30"waar ons ongesuurde brood breek
en bitter wyn uit geroeste kanne skink
(onder die skyn van valse samesyn)"
Kluisenaarshart
2023-03-23"iewers uit die melkweg
daar waar sterre lepellê
val ’n hemellig na benede"
'n Nuwe nagmaal
2023-03-16"terwyl jou lippe
vervalste seën uitspreek
is jou oë besig
om my psige stukkie vir stukkie
soos nagmaalbrood te krummel en breek"
Die koue binne my
2022-09-29"vanuit ’n koue woning
wat skuiling moes bied
aan die ysigheid binne my"
Nostalgie
2021-10-18"op ’n laatmiddag in September
by die Griek se hoekkafee
het ons hande soos magnete
oor die blou check-tafeldoek
na mekaar gesoek"
Mag ek?
2021-07-26"hemelligte bottel
vir later se oordenking
as dit voel of seerkry
jou stukkend pluk"
Jou palet
2021-03-23"die felheid van jou ware kleure
het die prentjie in my kop ruïneer
legkaartstukke laat verbrokkel
– uitmekaar geskeur"
Môre word ek en jy "ons"
2021-01-19"om nuwe hoop te plant
want in vandag en môre
word ek en jy opnuut
weer
ons"
Steenson
2020-11-04"onder die sirkels van die songloed
in die vlamrooi van die aalwynblom
het jou emosies oop en vry gelê"

