
Foto: Canva.com
Jou palet
die felheid van jou ware kleure
het die prentjie in my kop ruïneer
legkaartstukke laat verbrokkel
– uitmekaar geskeur
tog kies ek steeds lewe
bou ek daagliks drome
gevul met binneklanke
wat strelend fluister
verby die krasheid
van jóú duister


Kommentaar
Uitstekend!❤fit!
Baie dankie Litnet ek waardeer uit my hart
Met hoeveel van ons gebeur die dinge nie. Lieflik geskryf Anzé, jy sal altyd een van my gunstelingmense bly.💝
Fenomenaal ✍🏻
Ppragtige een!
Baie dankie liewe Ina, ek waardeer uit my hart.
Baie dankie vir jou saamlees en kommentaar Therea, ek waardeer dit baie.
Goed raakgevat!
Baie dankie Jurie Venter, ek waardeer die saamlees en kommentaar
Baie dankie Drienie ek waardeer baie
Soos altyd, uit die boonste rakke!
Baie dankie Driekie, ek waardeer jou saamlees en mooi kommentaar.