
Foto: Canva
waar ek kluisenaarstil
in die skadu’s van my kamer sit
voel ek hoe die donderstorms
diep binne my bedaar
spinnerak en gisterrommel
weggooibagasie word
staar ek nou –
(van spoke bevry)
na buite;
iewers uit die melkweg
daar waar sterre lepellê
val ’n hemellig na benede
migreer deur atmosfeer
van lig na duisternis
voor dit sonder skuilte
’n nuwe woning
in die stikdonker vind


Kommentaar
Baie dankie LitNet, ek waardeer.
Pragtige woordspeling. Meesterlik.
Dit beskryf alleenheid so perfek.
Tyd om na te dink lê wyd oop voor jou.
Dankie, Amanda en Rachel, vir die saamlees en kommentaar.
More Anzé
Ek het 'n droom gehad vanoggend dat my ouboet 'n kluisenaarshart het. (Sy diagnose deur die dokter.)
Ek dit opgesoek en op jou gedig af gekom.
Dit is ongelooflik mooi.
Groete
Erika