Anzé Bezuidenhout

Anzé Bezuidenhout is baie lief om haar diepste gevoelens en gedagtes oor alles in haar lewe in digvorm uit te druk. Haar liefde vir woorde kom 'n baie lang pad. Sy is 'n plaasvrou met 'n groot liefde vir die Bosveld, maar ook ’n entrepreneur wat haar eie padstal bestuur. Anzé het grootgeword op ’n plaas in Marble Hall-distrik, en later  gematrikuleer aan Hoërskool Piet Potgieter in die voormalige Potgietersrus. Deesdae woon sy en haar man Willie op ’n plaas op die Springbokvlakte, naby Modimolle (Nylstroom). Oor haar padstal, IetsiVanAls Curios & Biltong net buite Modimolle is sy besonder trots. Dáár omring sy haar met mooi goed en mooi mense en dit maak haar baie gelukkig.

Anzé is al 34 jaar getroud met Willie en hulle het drie dogters en vyf kleinkinders. Vir Anzé is haar gesin haar rots en steunpilaar en hulle maak haar lewe propvol mooi dinge. Haar woorde is haar asem en daarsonder sal haar siel sterf. Sy leef, droom en bid in Afrikaans. Vir haar is Afrikaans die wonderlikste instrument om haar gedagtes mee weer te gee. Anzé het ’n webtuiste www.ink.org.za geskep waar sy aan enigeen met ‘n besonderse liefde vir Afrikaans die geleentheid bied om hul liefde vir die taal uit te leef in gedigte, rubrieke, verhale en ook musiek en liriek.

Haar verhouding tot haar Skepper loop baie diep en sy dank Hom elke dag vir al die voorregte en genadegawes wat sy so onverdiend ontvang ... Loutering is deel van haar lewe en ook daarvoor dank sy Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in haar lewe is ...

Offers

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-11-04

"ek wil weer 
op ’n pers tapyt nuwe 
offers bring (offers sonder 
verval) sodat my binneste opnuut 
van vreugde kan kreun" 

Gehawende reënboog

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-09-23

"die son het vandag halfmas gehang
eenkant geskerf en gebroke
lê die spikkels van ’n donker"

Koggelroep

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-09-22

"maar die wind het my vel geskroei
onwillekeurig het my voete pad gevat"

Woordbokkoms

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-09-18

"soos bokkoms
lê die woorde brak
op my tong"

Dagbreekkruik

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-09-15

"die son breek die dag oop
ek skulp die skoonheid teer"

Maankompas

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-09-14

"in skemerlig se swart agaat
splinterster ver-
gesigte
wat struikel
en verskiet"

Verpulpte siel

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-07-20

"wrede vingers skiet snellers
laat slegs die blou van delft"

Hillbrow-oë

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-06-11

"onheil onverskans
in hierdie stom-vuil
spasies wat geluidloos
met blinde oë vlerk"

Sigeunerhart

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-05-27

"my hart is ’n sigeuner
wat van bont lappies hou"

Dit was aand 

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-05-25

"die dag was goed
in die tyd voor klippe
skedels kon breek"

My allerliefste

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-05-19

"sein jou bekoring
in saffraangeel koring, kom stuur jou boodskap
in rooi (so helder soos die son)"

Donker karnering

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-04-29

"agter die sterre se skadu’s
’t ek tevergeefs
na die komeet
van jou inkarnering gesoek"

Seëpoort

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-04-29

"kwylend vlerk my oë
oor die vergane triomf
van ’n gevalle Jerusalem"

Blinde bedes

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-04-29

"verby doringgrendels
rank woorde blind
soos ’n verlore bidsprinkaan"

Storm-masker

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-03-17

"moes ek ’n verweerde masker
uit die trommel haal"

Top