
Foto: Canva.com
Môre word ek en jy “ons”
as ek deur jou oë na my staar sien ek
perskebloeisels wat vrugbaar blom
proe ek nektar van die son wat opkom
voel ek die varsheid van ’n nuwe dag
wat in iets soos ongeloof oor die
horison kom en hoor hoe engelsange
verstil ... verstom
as ek deur jou hande moet voel ruik ek die
varsheid van natgereënde grond hoor ek
die duiwe se uitbundige tortel voel hoe
brokkel die grond daar waar nuwe botsels
deur die aarde
breek
as ek deur jou stem moet spreek hoor ek hoe
hosannas deur die dag weerklink proe ek
innigheid in die sagtheid van jou roep wat
tastend woel tussen die gisterspore
om nuwe hoop te plant
want in vandag en môre
word ek en jy opnuut
weer
ons
Kommentaar
Baie dankie, LitNet, ek waardeer uit my hart.
Pragtige beelde. Soos altyd puik verwoord.
Om te ervaar hoe innemend en taktvol jy iemand anders se skoene (oë, hande, stem, hoor, proe) aantrek, is so medemenslik en verrykend, Anzé!
Puik, baie geluk Anzé. So diep uit die hart.
Mooier as mooi en moet nooit ophou dig nie!
Uit my hart uit dankie Marietjie, ek waardeer jou saamlees en kommentaar baie.
Baie dankie liewe Rachel, ek waardeer dit baie.
Baie dankie Louis ek waardeer jou dieper lees en mooi kommentaar baie.
Baie dankie Amanda ek waardeer jou saamlees en kommentaar.
Baie trots op jou, Anze.
Baie dankie, liewe Caren, ek waardeer jou saamlees en kommentaar
Pragtig Anze
Baie dankie, Andries, ek waardeer jou saamlees en kommentaar baie.
Pragtig! Mooiste beelde, mens voel woorde in jou hart.
Baie dankie Susan ek waardeer uit my hart
Ek dink die "môre word 'ons' jy en ek" is deesdae meer die norm.
Raed-na-Gael ek hoor jou hart, dankie vir die saamlees en die kommentaar ek waardeer dit baie
Hoe mooi, hoe pragtig... hoe nodig. Duisend dankies vir 'n geurvolle gedig wat 'n sonstraal glimlag op my gesig plaas.
Baie dankie Rosina vir jou dieper lees en mooi kommentaar, ek waardeer uit my hart uit.