
Foto: Unsplash.com
Offers
ek wil wierook brand
oor die terreur van jakarandas wat
kaalarm en leeggebloei
in die lanings van Pretoria staan
terwyl die strate verlam lê
onder die rommel en afval
van Openbaring se Eksodustog
ek wil weer
op ’n pers tapyt nuwe
offers bring (offers sonder
verval) sodat my binneste opnuut
van vreugde kan kreun
op die sagte klanke
van vallende reën


Kommentaar
Baie dankie LitNet, ek waardeer baie.
Pragtig
Hartseer mooi.
Baie dankie Amanda, ek waardeer jou saamlees en kommentaar.
Baie dankie Morne ek waardeer jou saamlees en kommentaar