
Fotobron: Canva
Hillbrow-oë
in Hilbrow se
dwelmgevlekte strate
rol vuurkole rigtingloos
met oë so hol
onder sterwende
kwaitoklanke
wat uhuru skree
skuil ’n melkboks-
kindervrou
in ’n donker steeg
met gebalde vuiste;
arms potblou gevlek
terwyl sy droogoog huil
want iewers skuil
onheil onverskans
in hierdie stom-vuil
spasies wat geluidloos
met blinde oë vlerk
Kommentaar
Baie dankie LitNet ek waardeer baie!
Sjoe, hartseer mooi.
Ek kan die verlate ellendigheid en leë melkbokse van Hillbrow se dwelmverslaafde Godloses tot my voel spreek...
Goed en eg beskryf!
Baie dankie Amanda ek waardeer baie!
Baie dankie ds Jurie ek waardeer jou saamlees en voel baie!
Baie dankie Andries, en ek was nog nooit in my hele lewe in Hillbrow nie!
Hartseer mooi beskryf van die leed wat in Hillbrow plaasvind, dink as mens kyk ons gou weg vir sulke aaklighede.
Pragtig Anzé!
Baie dankie Morne ek waardeer jou saamlees baie
Baie dankie Theresa ek waardeer baie
Wel gedaan, Anze!
Baie dankie Ilze, ek waardeer baie.