
Foto: Canva.com
Gehawende reënboog
die son het vandag halfmas gehang
eenkant geskerf en gebroke
lê die spikkels van ’n donker
reënboog –
in skakerings
van swart
onverdiend veroordeel
gekruisig en ter helle laat daal
verraad het die ligglans
middeldeur laat skeur
en onheil het stom
getreur
oudwêreldse tula’s
van ’n onwillige gees
eggo deur ’n gebroke hart
wat na vervulling smag
maar wat in broosheid
gehawend bly val
oor die droogheid
en smart


Kommentaar
Pragtig, Anze
Baie dankie, LitNet, ek waardeer baie.
’n Effense krasheid gebore uit woede veroorsaak deur teleurstelling en pyn. Wat ’n pragtige uiting aan gevoel.
Baie dankie, Driekie, ek waardeer baie.
Baie dankie, Hanlie, vir jou dieper lees. Ek waardeer baie.
Dankie, Anze, dat ek saam met jou pyn en vertwyfeling kan ervaar soos wat jy dit treffend verwoord
Baie dankie Estelleke ek waardeer jou kommentaar baie
Puik saamgesit.
Baie dankie Afrikaners is plesierig, ek waardeer baie