
Fotobron: Pixabay
my hart is ’n sigeuner
wat van bont lappies hou
tog hang daar telkens
iewers ’n veer
in kleure van swart
en skakerings van blou
om kontras te skep
tussen gister en nou
my seisoene is soos
vlinders wat kondenseer
teen die horison se grou
groenblare wat ritsellag
onder ’n spierwit vag
luister na die fluister
van God se stem
wat heinings breek;
in versoening
vergifnesbrûe
na nuwe seisoene bou
Kommentaar
Baie dankie LitNet, ek waardeer baie.
Pragtig Anze, kleurvol nes ’n sigeuner se lewe.
Baie dakie Amanda, ek waardeer baie.
Baie mooi gedoen, Anze
Baie mooi
Baie dankie Andries en Petro ek waardeer baie.