
Foto: Canva.com
Woordbokkoms
soos bokkoms
lê die woorde brak
op my tong
terwyl versteende gedagtes
leiklip in my kop en
my hande stil
halleluja’s berym
in beleë oomblikke
het my blik soos
swaelsterte weggevurk
’t my ryloopwoorde
op klamgroen treë
gehunker na geluk
daar sal ek dan met
verdwaalde rietwoorde
weer versmandjies vleg
dit met pikmetafore besmeer
sodat die droogtesluiers
kan dwaal tussen doof en blind
en ek weer my pad
gevoelvol sal vind
Kommentaar
Baie dankie Litnet ek waardeer uit my hart
Sielvol dog doelgerig. Baie interresante woordspeling met vreemde pasmaats. Uitstekende werk.
Is dit nou nie mooi gesê nie! Pragtig!
baie goed geskryf!
Pragtige woordskildery, Anze.
Jinne, vrou, maar jy toor met woorde. Baie goeie woordspeling in jou digwerk.
Baie dankie Hanlie ek waardeer jou kommentaar
Baie dankie Barbara ek waardeer baie
So mooi geskryf, soos altyd
Baie dankie Theresa ek waardeer uit my hart
Uitstekend geskryf, soos net jy kan Anze!
Baie goed Anzé
Baie dankie, Evanthe, ek waardeer jou saamlees en kommentaar.
Baie dankie, Elmarie, ek waardeer uit my hart.
Baie dankie, Andries, ek waardeer baie.
Baie dankie Amanda ek waardeer jou kommentaar en saamlees
Baie dankie Driekie ek waardeer baie.