Maankompas

  • 5

Foto: Canva.com

Maankompas

’n verdwaalde knorhaan
eggo smagtend in die rigting
van die son –
robyngloed
wat deur skalkse gate
tuimel

in skemerlig se swart agaat
splinterster ver-
gesigte
wat struikel
en verskiet

broos pleit
die skerfie maan
vir nog ’n tinselbrok
om krake toe te stop
dat strale as kompas
deur mopanietakke
val

tot volson
geelte

  • 5

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top