Koggelroep

  • 5

Foto: Canva.com

Koggelroep

die son het my gekoggel
terwyl sy strale verblindend
asof tussen glasskerwe ’kaats
en elke slukkie windasem word gesteel

onder ’n mopani wou ek gaan sit
maar die wind het my vel geskroei
onwillekeurig het my voete pad gevat
op soek na ’n doofstom plek
sonder ’n koggelroep

dit was egter eers
deur die donker skadu’s
van die na-nag (daar iewers
in die ooste) onder die wysheid
van drie helder sterre
wat ek my sakke met wysheid kon vul
en opeens het ek geweet – 
ek het opnuut weer
my pad na redding gevind

  • 5

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top