
Fotobron: Canva
Verpulpte siel
wrede vingers skiet snellers
laat slegs die blou van delft
daar waar my siel verpulp
bliksems val onverdiend
uit die blou-grou lug
om bloedstrepe vermink
agter te laat
hoeveel Matusalemdae en -nagte
moet nog verloop
voor storms sal bedaar
voor rus weer in vrede
voor altare gevind sal word
bloeddeurdrenk
word nog ’n lyk
verwese
agtergelaat
Kommentaar
Baie dankie Litnet vir die blootstelling, ek waardeer dit opreg.
Dit is ongelooflik mooi, Anzé
Sjoe, mooi gedig Anzé.
0nverbeterlik neergepen. Dis baie hartverskeurend en ongelukkig sal tyd bepaal of dit tot einde sal kom.
Eisj, kan 'n lyk verwese wees?
Baie dankie Lorraine ek waardeer baie
Baie dankie Marlene ek waardeer baie.
Dankie Theresa ek waardeer!
Dankie Nicolaas, ek sal kyk of ek 'n woord wat dalk beter pas daar kan kry.
Dit raak my hart. Kolskoot!
Pragtige gedig tog hartseer.
Baie dankie Laantie ek waardeer baie
Anzé, baie goed verwoord die zeitgeist!
Elke sin en woord moet diep deurdink word. Treffend! Verwese is die een wat van die lyk af wegstap. Kosbaar dankie!
Baie dankie Margaret ek waardeer baie
Baie dankie vir die dieper lees ds Jurie, ek waardeer baie
Hangskouer seer. Diep woorde. Treffend soos altyd Anze
Baie dankie Amanda ek waardeer jou altyd