
Fotobron: Canva
dit was aand;
dit was môre
die dag was goed
in die tyd voor klippe
skedels kon breek
toe badtyd in tuine
onbesmet van owerspel was
voor bitter bekers van verraad
onder bloedsweet geledig moes word
en doringkrone nog bloeisels kon bot
maar nou ...
nou skeur die son
se tweesnydende lig
deur boomtoppe en rante
oor ’n bloedbevlekte dag
dit was aand;
dit was môre
nóg ’n verminkte geslag


Kommentaar
Baie dankie LitNet vir die blootstelling, ek waardeer dit baie!
Puik digwerk Anzé!!!
Van die mooiste gedigte.
Baie dankie vir jou mooi en bemoedigende woorde, Margaret, ek waardeer baie.
Goed gedoen Anzé, doen zo voort!
Baie dankie Bess, ek waardeer dit.
Aangrypend raakgevat, Anzé! Mag daar nog vele sulke geïnspireerde gedigte uit jou hart en pen kom!
Baie dankie vir die bemoedigende woorde, ds Jurie, ek waardeer baie.