Dagbreekkruik
die son breek die dag oop
ek skulp die skoonheid teer
ongeskonde vars, sonder verweer
en van donker gestroop
grassade buig in stil aanbidding
purper kosmos stort ’n traan
waar die kim in skarlaken vredeseile span
stilte sku en tasbaar en geurig hang
uit die dagbreekkruik het die son gelag
my oë en stem en hande sweef
en eggo na bo – wit en wolksag
terwyl die hosannas uit my drup
Kommentaar
Baie dankie Litnet ek waardeer baie
Wow! Mooi verwoord Anze!
Baie mooi
Baie dankie, Barbara, ek waardeer baie.
Baie dankie Barbara ek waardeer baie
Baie dankie Suzette ek waardeer jou
Sjoe, dit is pragtig en besonders Anzé, dit kom diep uit jou hart!
Dankie vir die deel!
Baie dankie Leonie ek waardeer jou saamlees en mooi woorde