
Fotobron: Pixabay
Na "Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif" deur Breyten Breytenbach
liefsteling, skenk, ja stuur vir my troos;
met mirre uit die dieptes
en sein jou bekoring
in saffraangeel koring, kom stuur jou boodskap
in rooi (so helder soos die son)
en hanteer my teersag soos ’n Noagsduif
omhels my met die groen van ’n olyfblaar en;
sprei jou vlerke soos engellig ─ heilig en veersag
sout die brakwater van ons onsekertye
met die roer van jou hand, verkwik my
innerlike met ’n wit engelsoen en
dra my na die rooi van die wegsakson ─
jóú vlerke sal ons dan verder veilig laat vlieg


Kommentaar
Dankie LiNet, ek waardeer uit my hart.
Bring mens tot stilstand en vêr verlange.
Wonderlik verby.
Dankie Tokkie en Truida, ek waarder baie.