Donker karnering

  • 6

Fotobron: Canva

donker se engte druk my

met sy dofgevatte

sekeloog vas

 

agter die sterre se skadu’s

’t ek tevergeefs

na die komeet

van jou inkarnering gesoek –

 

want – net dalk sou ek myself

in die spieëlbeeld

van jou wese kon vind

  • 6

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top