
Foto: Canva
waar ons ongesuurde brood breek
en bitter wyn uit geroeste kanne skink
(onder die skyn van valse samesyn)
brokkel verf van gevlekte en gekraakte
en graffitibesmeerde mure – bespreek dan
in soveel moontlike byvoeglike naamwoorde
verskillende wonderkure
vir die herstel van sogenaamde
verrotte bure
bly ons doof vir kadawers
wat hamer aan die binnedeure;
die gekap aan die binnemure
waar ons dan dikgevreet
na ander hap;
hygend verstik
aan bittere
aalwynsap


Kommentaar
Dankie LitNet, ek waardeer baie.
Uitmuntend ✍🏻
Dit is spesiaal vir iemand wat tans bitter seerkry, of in die verlede bitter seergekry het; die woorde tref so waar.
Baie dankie vir die saamlees en kommentaar, Ina en Rachel; ek waardeer baie.
Met sterk woorde kom ’n goeie begrip. Welgedaan, Anze.
Baie dankie Nico, ek waardaar jou saamlees en kommentaar.