Rooi plundertog

  • 5

Rooi plundertog

Foto: Canva

modder en klei is al wat oorbly
tydens die plundertog
van gedagtes
wat ewig stry en baklei
vir ’n plek in die son
om weer vir oulaas
rooi malvas
in vrede te plant
voor die hartbeeshuis
daar in die stiltes
waar ek my hart
opnuut

aan jou verpand

  • 5

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top