
Foto: Canva
In gesprek
Vir Lina Spies
as ek na jou idees en skrywes kyk
sien ek die enkeling wat in woorde
haar verstote muse se vryheid vind
sober en stilwees stemminge
in eenvoud op papier kon bind
waar jy kindertjies se onskuld
in Joodse liefde kon verbind
dat die mensdom se wreed
hulle nimmer sou verblind
deur die wêreldse blink sens
wat flanke wreed oop wil kerf
jou afgesonderde gedagtes
wat stories oor katte kon vertel
terwyl ook die meermin
wat haar eensame seeweg
soekend na ’n ewige liefde
deur jou toegeverfde drome kon vind
terwyl jy die reddingstou
oor die wit van jou polse
met algeblaar sou vleg en vou
jou liefde vir ons land se mooi
was rooi soos die papawer se blom
beskrywend soos net jy sou kon
onbelemmerd vloei jou liefde vir God
ongeag die menslike verdorwe lot
die dood se lanferkleur
wat klipdas warm
deur jou psige beur
bring tog ’n genadige skans
net soos Boerneef se veer
wat ons beskut
teen die lewe
se smart en seer
wat verstotelinge
totaal negeer

