
Foto: Canva
Vir eendag
as my tyd dan aanbreek
luister na die stem van die wind
onder die eggo’s
van die kiewiet se eensame roep
soek tussen rooibokspore
na ’n tarentaalveer
vee daarmee dan weg
al die pyn en versteekte seer
kom plant vir my rooi kannas
teen die hange van ’n berg
kap my naam uit –
in eenvoudige taal –
in die groewe van ’n rots
onder die oorhang van
’n doringbos
dan stap jy weg
wetend...
my siel is rustig
ek is nou verlos


Kommentaar
Baie dankie vir die plasing, LitNet. Ek waardeer dit uit my hart uit.
'n Pragtige vers en ewe mooi prentjie wat jy hier skilder, Anzé. Welgedaan!
Met baie gevoel geskryf. Baie baie mooi en diep...
Pragtige vers!