Verpulpte trane

  • 3

Foto:  Canva

in lila huil jou trane
waar dit soos ametissterre
aan die donker takke hang
nes ’n wafferse sigeuner
wat haar kaftan draai en swaai
dans jy die lamferhoerdans
oor die heuwels van ’n verlore stad
verby die rooiligarea
waar toeters hiet en gebied
tot diep in die ghetto’s
waar hulle getrou
nog die barmitswa vier
terwyl bande onverskrokke
voortspoed en jou delikate pers
teen swart teerpaaie
laat kners

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top