Nostalgie

  • 7

Foto: Canva.com

Nostalgie 
dit was die sterk reuk 
van asyn, gemeng met ou-olie-chips 
wat die gallery van onthou 
sou oopkloof

op ’n laatmiddag in September 
by die Griek se hoekkafee 
het ons hande soos magnete 
oor die blou check-tafeldoek 
na mekaar gesoek 
en in jou kyk 
het ek anker gegooi 
geweet, ek is volkome tuis – 
my solovlug voltooi

nou staan ek egter en staar 
na jou foto op my selfoon 
en al wat registreer is:

laas gesien ... 15 Julie 2010

  • 7

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top