Die koue binne my

Foto: Canva
diep binne
brand ’n honger
wat ek nie kan stil nie
iewers warrel ’n miswasem
van pyn wat nooit bedaar nie
kyk dan mooi – neem waar;
op die ritme van my hartgrafiek
sal jy my psige sien
in die skadu van my oogknip
’n duisend ongestorte trane
(en om my mond die glimlag
wat gesterf het soos ’n droë rivier-
loop) terwyl my arms leeg
aan my sye geanker hang
dit was toe my stem gevlug het
vir die eensame eggo’s
vanuit ’n koue woning
wat skuiling moes bied
aan die ysigheid binne my


Kommentaar
Nog 'n pragtige gedig, Anze. Baie geluk met die plasing.
Baie dankie, LitNet, ek waardeer dit baie.
Baie dankie vir jou saamlees en mooi kommentaar, Loretta.
Hartswoorde soos net Anzé kan. Bravo!
Baie geluk aan 'n meesterskrywer! Geweldig trots op jou. Dit is asemrowend mooi geskryf, liefste Anzé.
Baie dankie, liewe Amanda, ek waardeer baie.
Baie dankie, Wendy-blom, ek waardeer baie.
Wow, Anze, dis diep ... Ek voel hom. Uitmuntend geskryf!
Kan nie beter as dit nie. Skitterend Anzé.
Puik werk Anzé
Baie dankie liewe Cornien; ek waardeer jou kommentaar en saamlees.
Baie dankie Andries en Charles, ek waardeer julle saamlees en kommentaar.