Maak my jou woning

  • 2

Maak mý jou woning

Foto: Canva

ek wil vir jou
soetwaterplante en kleur
uit die skepelmandjie oes,
uit die wolkbedekking trane vang
en dit toonset
op simbaalklanke
nuwe drome
aan jou kleedsoom vasstik
sodat jou voete immer lank
oorwinning mag smaak
en jy jou woning
(hier neffens my)
jou eindbestemming
kan maak

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top