
Foto: Canva
Die stem van stilte
As stilte saamkom
as rustelose eggo’s
ophou heers
as die heelal sug met wysheid
wat geen tong kan beskryf
terwyl hier onder
verklaar stille waters
wat honger oë nie sien nie
met die diepste stem
van waarheid
wat saggies praat
sal ons in stilte staan
as stilte hoorbaar is
en wonder
oor die stem van God
wat heers
in heiligheid en stilte
oor siele op reis
op die kranse van lewe
waar vergewe ’n wet is
wat waarheid ontsluit
sodat die siel se reis
rustig voortduur
in nagte van slaaploosheid
as die besoekers kom
om vrede te steel
dit te verdeel tussen duiwels
wat honger knaag
aan vrede
sodat oordeel heers
wat die mens verniel
met hoogmoed en ego
tot die siel stil neerbuig
om God te smeek
vir daardie heilige stilte
wat kom as die hart oorwin is
deur die nederige stilte
wat in hout
met bloed gekoop is.

