Twaalf monde

  • 1

Foto: Canva

Twaalf monde 

Skrop. Skrop. 
Pik. Pik. 
Die hoenderhen. 
Twaalf monde moet eet. 

Sy het nooit geslaap nie. 
Net gewag. 
Elke nag. Elke dag. Elke jaar. 

Wanneer sy weer klein word. 
Siek. 
Oud. 
Die bord wat koue kos kry. 

Gaan twaalf baklei 
oor wie vir haar gaan 
skrop. Skrop. 
Pik. Pik.

  • 1

Kommentaar

  • Pragtig geskryf Edna!
    Heel dikwels dink kinders nooit aan wat dit van hul moeder geverg het om hul te versorg en groot te maak nie en sal die versorging van die oue dikwels op slegs een of twee van die kinders neerkom, gewoonlik op dié wat die meeste omgee en empatie het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top