Lelies

  • 0

Foto: Canva

Lelies

Vreemd dat ek
vanmôre 
aan lelies dink
wanneer jou naam
in my gedagtes dryf.

Die wit en geel,
soos draairoomys
met suurlemoenstroop
op ’n warm somersdag. 

’n Groen stingel
hang op genade
aan hoop;
die grond nou brak.

Ek fotosinteer 
gist’raand se laaste
oomblikke
tot suurstof opraak
en koolstofdioksied
my laat stik.

Die blare is dood,
die blomblare ook,
selfs die stuifmeel 
verdwyn 
nes jou hand
op my hart –

wring dit uit,
’n week se vuil wasgoed
op een slag.

Die blompot 
vieslik vol 
leë beloftes:

Verlepte, 
uitgedroogde
lelies 
hoort in die asblik.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top