
Foto: Canva
wintersee
kleur en geur
was jy pappa
someraande
het ons op die
blokkiesdeken
op die grasperk gelê
na sterre en satelliete gekyk
jou
vingers
het aan die
waatlemoen
geklop jy het
geluister of sy
binneste ryp was
die skil
met jou
knipmes
gesny in presiese
skywe ons wange
was rooi van die kroon
jy was pers
die trosse barlinka
aan jou druiweprieel
ek ruik
jou in
bloekom
en dennebome
jou grys oë
verspikkel met
groen woon in
my kruietuin en
die deinings van die wintersee

