
Foto: Canva
Tyd is kosbaar
Die uurwerk het gekantel, sy glas in
duisend stukke gespat en tyd
het vinnig uitgevloei oor
die wêreld se grof
ongelyke
tafelblad
verkwis en verlore
ons kosbare tyd hier saam
wat geruisloos en ewe stil tussen
ons kom lê en met groot oë staar ons
swygend na die uurwerk se brose binnekant.


Kommentaar
Kom ons gesels! Die gedig se vorm alleen is so goed en vergoed vir te veel woorde en snoeiwerk en minder verduidelik sal gedig verbeter in my siening.
Gedigte is mos ander se goed. Hoe kan jy nou wil snoei, knip, plak en paste?
Het jy vergeet van 'digterlike vryheid'?