Jacomina Bonthuys

Taai Bonthuys is op 17 Januarie 1975 in Goodwood gebore. Haar skoolloopbaan begin in Bellville, maar later verhuis haar familie na Amanzimtoti toe waar sy in 1993 matrikuleer. Sy ontmoet haar man in Amanzimtoti en woon sedertdien in Daniëlsrus in die Oos-Vrystaat. Sy kwalifiseer as 'n professionele rekenmeester (FCG) en bedryf haar eie besigheid vanaf hul plaas.

In 2023 wen sy 'n boekprys by die GHA Digkompetisie en word haar debuut digbundel deur Groep 7 uitgegee. Verskeie van haar gedigte is in digbundels opgeneem, onder andere Inkspraak 3, GHA se Stemme uit die Suiderland bundels, asook bundels uitgegee deur Malherbe Uitgewers. Van haar kortverhale en novelles verskyn ook in verskeie van Malherbe Uitgewers se bundels.

Haar man en kinders is haar grootste inspirasie. As sy nie in haar vrye tyd skryf nie, is sy lief om te lees, foto’s te neem, te skilder en enigiets kunstig te doen of om net tyd saam met haar familie deur te bring.

Word stil en leef

Jacomina Bonthuys Poësie 2026-04-16

"Ek wil skanse om my oprig nou
wat my stilte hier binne my sal laat stol"

Dum Spiro, Spero

Jacomina Bonthuys Poësie 2025-01-09

"tyd gaan staan stil in hierdie minuut
tussen beloftes van drome en hoop."

Top