Dum Spiro, Spero
(Terwyl ek asemhaal, bly ek hoop)
Verwonderd staan sy by haar voordeur en gadeslaan
die sagte geel gloed van die nuwe daeraad
en êrens ver anderkant haar werf
sing geveerde bewoners vrolik
en tyd gaan staan stil in hierdie minuut
tussen beloftes van drome en hoop.