
Foto: Canva
Word stil en leef
(“Goue graaf”-gedig – met apologie aan NP van Wyk Louw. “Nou stol die wêreld uit die vloed” – uit sy gedig “Die swart luiperd”)
Ek wil skanse om my oprig nou
wat my stilte hier binne my sal laat stol
sodat my verstarde wese kan asemhaal en genees tussen die
mensgemaakte spinnerakke wat vervleg en weef deur ons wêreld
waar kwaad en liefde saam verrys het uit
hierdie donker aarde
waar hoop steeds helder is in vloed.

