
Foto: Canva
Oorgeërf
is dit nie vernederend nie?
om die brand in jou keel te vervloek
om te sweer jy sal nooit word soos wat jou grootgemaak het nie
wat jou huis in ’n stille stilte laat verbreek het
om die manier hoe sy hande gebewe het te haat,
die manier hoe sy liefde verbrokkel het na verskonings,
die manier hoe die alkohol altyd voor hom opgedaag het
en tog...
wanneer iets af voel
wanneer jou bors op homself ingee
ken jou vingers nog steeds die vorm van die bottel
is dit nie vernederend nie?
om die ding te verpes wat jou pa gesteel het
maar om tog daarna uit te strek
met die hope dat dit die pyn wat hy agtergelos het,
net dalk sal versag


Kommentaar
Absoluut skitterend geskryf.