Megan Lombard is 'n jong skrywer van ʼn klein dorpie in die Noord Kaap en is tans ʼn hoërskoolleerling. Sy het ʼn brandende passie vir netbal en het ook 'n liefde vir kreatiewe werk, veral naaldwerk en handgemaakte projekte.
Sy gebruik haar skryfwerk as 'n uitlaatklep vir die woorde en gedagtes wat sy nie altyd hardop kan sê nie, en sit dit om in gedigte en kortverhale. Al sien mense dit nie altyd nie, is sy baie sensitief, en ander se woorde en aksies raak haar maklik.
Haar skryfwerk kom uit haar stil gedagtes — die dinge wat sy voel, maar eerder neerskryf as uitspreek. Deur haar woorde kan sy eerlik wees oor haar persoonlike ervarings en uitdagings, en hoop sy dat ander hulself daarin kan herken en minder alleen voel.
Vir haar is skryfwerk nie net 'n stokperdjie nie, maar 'n manier om te voel, te verstaan en soms net asem te haal.