
Foto: Canva
Boxing Day op Beaufort-Wes
Beaufort-Wes op Boxing Day
Leeg die straat waarin ek ry
Aswit hang die lug daarbo
Grys geskroei die Koup-Karoo.
Waar vind ek vir Gert Vlok Nel
wat beautiful woorde sing-vertel
van sy ding-dong gong melktrein-droom
om eendag in Beaufort-Wes te woon?
Waar's Antoinette se Theefontein
Het lugspieëlings dit laat verdwyn?
Is haar stories deur 'n dwarrelwind
opgesuig, nie meer te vind?
Beaufort-Wes op Boxing Day
Slegs winkelvensters festief en bly
Die Beaufort-magic het vervlie'
Ek vind nie Gert se beauty nie.

