Hannes Stander

Hannes Stander is 64 jaar oud, woon in Bloubergstrand en is 'n mediese dokter. Hy het grootgeword op Stellenbosch, gematrikuleer aan die Hoërskool Gimnasium, Paarl, en gegradueer aan die Universiteit van Stellenbosch (MB ChB 1984). Hy het 'n Honneurs BSc Farmakologie-graad aan die Universiteit van Potchefstroom behaal (1990), 'n Diploma in Lugvaartgeneeskunde (1991), asook diplomas in Roman- en Korverhaalkuns aan Unisa (1987) en Vryskutjoernalistiek aan die Kaapse Technikon (1991). Hy het gedurende 1991 tot 1996 in Psigiatrie aan die Universiteit van Stellenbosch gespesialiseer en werk tans op 'n deeltydse basis by verskeie privaat hospitale op die Kaapse Skiereiland.

Van sy kortverhale en gedigte het in Tydskrif vir Letterkunde, Sarie, Huisgenoot en in saamgestelde kortverhaal-bundels, soos in "Party van Ons" (2001), verskyn.

Van sy skrywes is op RSG voorgelees.

Tindervlinder

Hannes Stander Poësie 2026-04-09

"Ans, nou ’n internetikoon,
word met miljoene likes beloon"

Om weg te breek

Hannes Stander Fiksie 2025-12-04

"Sy sug. “Mens moet darem jou followers op hoogte hou van jou shenanigans, of hoe?” Sy knipoog skalks. “Ek gaan dit hashtag as ‘Om weg te breek van dit alles’.”"

Katriena kom in haar blommehemel tuis

Hannes Stander Fiksie 2025-10-23

"Sy het in Namakwaland grootgeword en die wêreld goed geken. 'Dit is ’n dankbare kontrei,' het sy gesê. 'Dit is wel ’n harde wêreld wat meestal vaal en klipperig lyk, maar as dit die slag mooi reën, show die veld te allerliefliks af.'"

Sneldriftig

Hannes Stander Poësie 2025-09-11

"Sneldriftig penetreer die weduwee Viljee
die mistige kus langs die vloedende see"

Strandmoles

Hannes Stander Poësie 2025-04-10

"My Corgi tref vir ’vrou Viljee,
die rewolwer spat tot in die see, die see.
Ons vlug vervaard want o wee, o wee,
ons vrees die weduwee Viljee."

Top