Hannes Stander

Hannes Stander is 64 jaar oud, woon in Bloubergstrand en is 'n mediese dokter. Hy het grootgeword op Stellenbosch, gematrikuleer aan die Hoërskool Gimnasium, Paarl, en gegradueer aan die Universiteit van Stellenbosch (MB ChB 1984). Hy het 'n Honneurs BSc Farmakologie-graad aan die Universiteit van Potchefstroom behaal (1990), 'n Diploma in Lugvaartgeneeskunde (1991), asook diplomas in Roman- en Korverhaalkuns aan Unisa (1987) en Vryskutjoernalistiek aan die Kaapse Technikon (1991). Hy het gedurende 1991 tot 1996 in Psigiatrie aan die Universiteit van Stellenbosch gespesialiseer en werk tans op 'n deeltydse basis by verskeie privaat hospitale op die Kaapse Skiereiland.

Van sy kortverhale en gedigte het in Tydskrif vir Letterkunde, Sarie, Huisgenoot en in saamgestelde kortverhaal-bundels, soos in "Party van Ons" (2001), verskyn.

Van sy skrywes is op RSG voorgelees.

Antjie Somers

Hannes Stander Poësie 2026-10-29

"Daar was ’n drag queen-psigopaat
Wat saans na donker steel tot laat."

Kaapse surfer

Hannes Stander Poësie 2026-10-22

"Daar was ’n surfer in die Kaap
Wat met sy perde surf én slaap"

Long Drop Kock

Hannes Stander Poësie 2026-10-15

"Long Drop Kock ry Kakamas-Wes
se nagwa vol 'oh, what a mess'"

Queen Lola

Hannes Stander Poësie 2026-10-08

"Daar was ’n queen wat Lola heet
Haar regte naam was Hendrik Keet"

Nooi Du Plooy

Hannes Stander Poësie 2026-10-01

"Daar was ’n ene San du Plooy
Op veertig steeds ’n oujongnooi" 

Staan op trou

Hannes Stander Poësie 2026-09-25

"’n Fraaie bruid van Alkantrant
Staan op trou met Jan-Jacob Brand"

Elders gesien: Bejaard in ’n vreemde wêreld van "portals" en "links"

Hannes Stander Menings 2026-08-18

"Het die moderne wêreld die Tannie Hesters van ons wêreld van hulle waardigheid gestroop? Dié wat voor ons hier was, word nou alleen agter gelos om te kom sien kom klaar. Miskien moet ons introspeksie doen?"

 

Om te beïnvloed

Hannes Stander Fiksie 2026-08-06

"Haar online en ware lewe het saamgesmelt. Sy tree die heeltyd op asof sy voor die kameras is en skakel feitlik nooit af nie. Sy sê sy moet ‘always on’ wees. In haar kop is sy alewig aan die influence."

Tekort aan koerasie

Hannes Stander Poësie 2026-07-30

"’n Oom van Buffeljags-stasie 
Skiet erg tekort aan koerasie"

Elders gesien: Die harde sypaadjie is sy huis én slaapplek.

Hannes Stander Menings 2026-07-30

"Ek twyfel of sy weet wat 'kontak slaan', 'doodsakker', of om ge-'rev' te word, beteken. Hy het vier dae laas geëet, sê hy."

Dick se reputasie

Hannes Stander Poësie 2026-07-22

"'Sy reputásie
Saai konsternasie!'
Die regter het bloedrooi gebloos!"

Professor Van Wyk

Hannes Stander Poësie 2026-07-16

"Professor Van Wyk (érg verstrooi)
Raak verloof aan Hanna du Toit"

Leatitia de Waal

Hannes Stander Poësie 2026-07-09

"Laetitia Deborah de Waal
Het pille vir vetsug gaan haal"

Helmgebore Jan

Hannes Stander Poësie 2026-07-02

"Helmgebore Jan in ’n park
Plaas sy karavaan in die mark"

Boxing Day op Beaufort-Wes

Hannes Stander Poësie 2026-04-30

"Waar vind ek vir Gert Vlok Nel
wat beautiful woorde sing-vertel"

Top