Hannes Stander

Hannes Stander is 64 jaar oud, woon in Bloubergstrand en is 'n mediese dokter. Hy het grootgeword op Stellenbosch, gematrikuleer aan die Hoërskool Gimnasium, Paarl, en gegradueer aan die Universiteit van Stellenbosch (MB ChB 1984). Hy het 'n Honneurs BSc Farmakologie-graad aan die Universiteit van Potchefstroom behaal (1990), 'n Diploma in Lugvaartgeneeskunde (1991), asook diplomas in Roman- en Korverhaalkuns aan Unisa (1987) en Vryskutjoernalistiek aan die Kaapse Technikon (1991). Hy het gedurende 1991 tot 1996 in Psigiatrie aan die Universiteit van Stellenbosch gespesialiseer en werk tans op 'n deeltydse basis by verskeie privaat hospitale op die Kaapse Skiereiland.

Van sy kortverhale en gedigte het in Tydskrif vir Letterkunde, Sarie, Huisgenoot en in saamgestelde kortverhaal-bundels, soos in "Party van Ons" (2001), verskyn.

Van sy skrywes is op RSG voorgelees.

Sneldriftig

Hannes Stander Poësie 2025-09-11

"Sneldriftig penetreer die weduwee Viljee
die mistige kus langs die vloedende see"

Strandmoles

Hannes Stander Poësie 2025-04-10

"My Corgi tref vir ’vrou Viljee,
die rewolwer spat tot in die see, die see.
Ons vlug vervaard want o wee, o wee,
ons vrees die weduwee Viljee."

Top