Sneldriftig

  • 1

Foto: Canva

Sneldriftig   

Sneldriftig penetreer die weduwee Viljee
die mistige kus langs die vloedende see,
Spierlustig Blitsig en Kwistig
die Sabbat so stil en andersins rustig,
“O nee, o wee!” gil sy in die hoë C,
“Lewensredder, kom gee hulp, o wee”
Kwistig het dié serpentiele dier
verwar met kelp of dalk selfs met wier,
Sy wis nie dis giftig,
die Boek sê dis listig,
Skamelgekleed halfdeursigtige man,
red vir Kwistig, toe, doen wat jy kan,
Hoe durf jy wellustig so na my staar,
dit gee aanstoot, jou wilde barbaar,
My wee’ vroulike bates is kieskeurig bedek,
kyk hoe begerend-oop hang jou bek!
Gesiene kerkvrou gedompel in rou,
selfs nadoods aan Meneer Viljee getrou,
“Met my prokureur gaan ek prosedeer
oor wyle Kwistig en my gekrenkte eer.”

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top