Ver gaan loop

  • 0

Foto: Canva

Ver gaan loop

Ek het ver gaan loop
vir wat ek nou weet –
oor berge en dale,
deur humeure en harte,

deur gereg en straf,
verby Jesus
tot by God.
gestruikel oor gebod,
tog gevind wat ek soek.

ek is veilig soos ’n kind;
want eers is jy blind,
dan kan jy sien
as jy gesoek het,
aanhoudend geklop het
by poorte wat oopgegaan het
om lewe te vind.

ek het ver gaan loop,
baie gestruikel,
baie geval en verdwaal;
weer probeer,
seer gekry -

baie gekry
om dit te verloor,
om myself te vind
en dan weg te gee
vir ander wat soek.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top