Spel

  • 0

Foto: Skildery - Spel - met toestemming van skilder Esme Goosen

Spel 

Witgerokte rooikop-maagd
se helderbruin minnaar rus
tussen haar knieë en lê
teen haar hals en wang.

Ek verbeel my sy het lang,
slank bene, dun enkels
en fyn, versorgde voete
weerskante van die tjellopunt.

Agter haar skouer, in die skemer,
speel twee vrouestrykers as een.
’n saksofoonspeler, klinies geklee,
lyk strak en afgetrokke, eenkant.

Die kollig soek telkens die tjello,
die rooikop se rok, haar hals, groen oë
en haar gul, rooi mond, die afronding
van haar raaiselagtige gesig.

Die tjellis se vingers teen,
haar streling oor die liggaam van haar minnaar,
beantwoord hy in sy
volronde, suiwer bariton.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top