Die spoorsnyer
2026-03-19"Hy het nog nie vrou gevat nie en het naby die skaapkraal alleen in ’n kliphuisie gewoon. Hannes het hom aangestel om skape op te pas en spoor te sny."
Reënkoningin
2026-03-12"Die Reënkoningin was verlig dat haar plan gewerk het en haar lewe nie langer in gevaar was nie. En daarom sit sy sereen en gelukkig op ’n rots in helder sonskyn, met haar visonderlyf in kolkende water, met haar pêrelwit gesig en lang wit hare wat in die wind waaier."
Blindemol, melk en diakens
2025-12-11"Blindemol koes en keer wild met sy arms vir die volgende hou. Die skarminkel maak die passasiersdeur oop, spring in en klap die deur toe. Sy maat trek so vinnig weg dat die bande tol en die gruisklippers spat."
Verval
2025-11-27"’n Bedremmelde bloekom en
hardnekkige peperboom staan
op die Dwaal Cash Store se agterplaas
en groei eensaam daar"
Die boerbok in die kombuis
2025-11-06"Sowat twintig minute verloop voor die dokter se swierige kar in ’n stofwolk op die werf stilhou. Intussen hervat die vrou haar breiwerk. Sy oordink wat haar man gesê het. Sy is nuuskierig. Loop kombuis toe. Sy deins vervaard terug wanneer sy die boerbok sien wat op sy agterpote teen die muur aanleun."
Skilpadklip
2025-10-16"Ek was die stom getuie van droogtes. Sterk westewinde het maande lank gewaai. Stofstorms en dwarrelwinde het droë tolbosse rondgewaai. Ek het gras en bossies sien verdor en diere wat van honger en dors gevrek het."
Collage – Drie Koppen
2025-10-09"wie sou dit doen?
so laat ek raai:
rooijakkals de vos
’n vaalboskat ... en toe gevlug?"
