
Foto: Canva
Piekniek met my mossies
Onder die sinkafdak twee pilare.
Die spasies tussen top en dak
Is genoeg beskut.
Stormsterk westewinde waai.
Toe die bosduiwe op die buurhuis paar,
Hoop ek hulle broei op my pilaar.
Ek strooi mielies op die grensmuur.
Die bosduiwe pik en pik. Pof die kroppe op.
Een oggend vroeg kom daar twee mossies
En maak nes op ’n pilaar.
My mossies, nie met stuiwers gekoop.
Vir my, rou affieplaas, is natuurgelukkies raar.
’n Warm beker koffie maak my helder wakker.
So sit ek, op my eis, met koffie en beskuit,
Hou met my verevriendjies piekniek.
Op die stoepie van my eie, eie huis.

